ENG AFR

Welkom by die webwerf van SKOON Bio-diesel bk. Ons is in September 2008 gestig met die doel om biobrandstowwe uit plantaardige olies te vervaardig. Ons werk in noue samewerking met Supa Oils, 'n verspreider van plantaardige olies in die Wes en Oos Kaap.

Ons vervaardig op 'n omgewings verantwoordbare wyse biodiesel van hoogstaande gehalte. Ons verseker goeie gehalte deur op 'n kontinue basis kwaliteit toetse tydens produksie uit te voer.

Indien u in die Weskaap geleë is, gesels gerus met ons oor die moontlikheid om u besigheid se voertuig vloot na biodiesel oor te skakel.

Indien u 'n besigheid is wat belangstel om u kookolie (sonneblom of palm olie) by 'n verskaffer te verkry wat verantwoordelik met die ou olie omgaan, kontak gerus vir Supa Oils.