ENG AFR

Wat is Biodiesel?

Biodiesel is 'n skoon-brandende diesel vervangings brandstof, vervaardig uit natuurlike, hernubare bronne soos oliesade, herwinde kookolie, ens.

Biodiesel bevat geen petroleum nie, maar kan in enige verhouding met petroleum diesel vermeng word om dan as 'n biodiesel mengsel gebruik te word.

Net soos petroleum diesel, kan biodiesel in enige ongewysigde diesel enjin gebruik word, mits van goeie gehalte natuurlik!